Hier is ‘n klein voorsmaakie van die S1ng album. Indien jy meer wil hoor, lirieke wil lees of blad musiek kort volg net die skakel onder.
01 Eerste Liefgehad
Blad Musiek
Eerste Liefgehad Lirieke
Ek weet ek’s U geliefde kind
U sal my nooit verlaat nie
U hou my vas. U gee my krag
U het my eerste liefgehad
VERSE 2
Ek weet U leef hier in my hart
My liggaam is U tempel
Ek bring my lof en dank aan U
Want U’t my eerste liefgehad
PRE-CHORUS
So onverdiend, U groot geskenk
U graf staan leeg, en ek is vry
Gekoop deur U, dit is volbring
Die rede waarom ek sal:
CHORUS
Ek sal sing vir U,
Sonder terughou, sonder keer
Ek sal sing vir U
Met elke asem wat ek gee
Ek sal sing vir U
uit die diepte van my hart
Ek sal sing vir U: Jesus!
BRIDGE
Ek dans, ek sing Ek glo, ek leef
Want U’t my eerste liefgehad
x4
Amptelik bestaan S1 uit 4 mense, nie-amptelik is ons ‘n groot groep musikante wat lief is vir Jesus en Hom loof deur musiek.
S1 is:
Ferreira Marais
Guitarist / Vocalist
Vriend, mentor en lekker mens om rondom te wees. Ferreira is verantwoordelik vir die oorspronklike saamtrek van die S1 band in 2013.
Hobbies: Rotsklim, Golf, Skaak (nie baie goed nie), Grappies Vertel en om vir AJ skrik te maak.
Vreemde Feit: Ken iemand wie vir Bryan Adams geopen het.
ferreira@s1worship.co.za
Piet de Wet
Guitarist / Vocalist
Ferreira se beste maatjie, lekker mens en altyd snaaks. Piet is deel van die rede hoekom dit so lekker is vir almal in die band om saam te kom en te kuier.
Hobbies: Skaak (beter as Ferreira), Golf, Kinders Groot Maak en Grappies Maak.
Vreemde Feit: Het al vir Bryan Adams geopen.
piet@s1worship.co.za
Luan Swart
Drums
“Mr PR” daar is selde ‘n sessie wat verbygaan waar sy selfoon nie uitgehaal word om Live te gaan op Facebook nie. Luan maak seker al die lag word vasgevang, selfs al is die videos akward vir AJ.
Hobbies: Golf, Squash, Weerlig of Sterre Afneem, Travel Vlogging en Lag vir al die Grappies.
Vreemde Feit: Was al in 20 lande.
luan@s1worship.co.za
AJ Meyer
Bass
Die ou wat die slagspreuk “Dit is ‘n Leefstyl” gecoin het. AJ is die man wat die inspirasie is vir baie lag in die band, want kom ons wees eerlik, hy is snaaks!
Hobbies: Sokker, Golf, Oefen vir Comrades, Skryf aan Penmaats, Skrik vir Ferreira en die Grap Wees.
Vreemde Feit: Wen gereeld vir iemand 6 – 1 in Fifa…
aj@s1worship.co.za
Jare Ondervinding
Amptelik bestaan S1 uit ons 4. Tussen die 4 van ons het ons omtrent 57 jaar se ondervinding op ons instrumente. Gepaard daarmee is die 260+ liedjies wat ons al saam geoefen en gespeel het by verskeie kampe, kerke en events.
Maar S1 is baie grooter as net ons 4. Nie-amptelik bestaan die groep uit musikante reg oor SA wat al saam met ons die Here se naam groot gemaak het. Van Hartswater tot die hart van Hillbrow het ons die voorreg gehad om met die ongelooflikste musikante te kan werk.
Deur dit alles is ons identeiteit volle gevestig in Christus en ons kan nie anders as Hom al die eer te gee in alles wat ons doen nie.
Liedjies
Indien julle ons will ondersteun in enige van hierdie kan julle donansies maak in die vorm van ‘n finansiële bydra deur ons winkel (koffie of ‘n tank brandstof) of ‘n direkte donasie na ons bank rekening toe.
'n Koffie
Koop vir ons 'n koppie koffie =)- Ondersteun ons met ‘n koffie?
- Want ons het baie meetings
- Koffie is goed vir jou
- En lekker
- =)
'n Tank Brandstof
Koop vir ons 'n Tank Brandstof =)- Ons wil graag orals gaan Worship
- Ondersteun ons met brandstof
- Want Roadtrip is lekker!
- Maar Brandstof is duur
- =)
Direkte Donasie
Skenk wat jy voel =)- Indien jy ‘n lukraak hoeveelheid wil skenk. Maak ‘n direkte donasie =)
- FNB TJEK / S1 Band PTY Ltd
- REK: 62735636477
- TAK: 250655
- REF: *Jou Naam / of “Anoniem” as jy dit graag privaat wil skenk